Orizon home

Vuilgoed: Meer Vuil of Goed?

22 March 2024

Opinion

Cover crops

Image of cover crops with a sign indicating it

Ons wil altyd weet hoekom? In hierdie skryfstuk wil ons fokus op die ooreenkomste van onkruid en dekgewasse en die hoekom uitlok, hoekom groei onkruid, hoekom maak ons onkruid dood, hoekom is onkruid onkruid?

Image of a man confused between what's right and wrong

Teen Augustus, September, staan die bewerkte en onbewerkte lande dikwels onder groen, of dit nou John Deere bossies, skraalhanse, oliebome, kankerrose, bloudissels of duwweltjies is, Erens gaan n mengsel van ''ongewensde" groen staan maar hoe ongewens is dit ? Wie het dit verklaar as vuilgoed en hoekom?

Die defenisie van vuilgoed lui as volg: 'n plant wat groei anders as die gewensde kontant gewas wat, of kompeteer vir elemente soos sonlig water en voedeingstowe, of aleleopatiese einskappe het. So in kort - 'n plant wat 'n gewensde plant hinder om tot sy volle potensiaal uit te groei.

In regenratiewe landbou hunker ons dikwels om 'n groeiende wortel deur die hele jaar te laat seevier, weens die ongelooflikke eienskappe wat dit bied aan die grond en grondgesondheid. Ons bereik hierdie gewoonlik deur middel van dekgewasse. En dekgewasse word dan geklasifiseer as 'n gewas wat vrygestel is van onkruid status. Want as dit doelbewys geplant is, hoe kan dit dan onkruid wees?

Onkruid Dekgewasse
Lewende wortel in rustyd. Lewende wortel in rustyd.
Bind stikstof (sekere peulgewasse). Bind stikstof (peulgewasse).
Bring struktuur terug aan grond. Bring struktuur terug aan grond.
Bind koolstof. Bind koolstof.
Lok bestuiwers en gunstige predatoriese insekte. Lok bestuiwers en gunstige predatoriese insekte.
Breek kompaksie lae. Breek kompaksie lae.
Myn diep vir voendingstowwe. Myn diep vir voedingstowwe.
Aleleopatiese eienskaape (sekere plante). Aleleopatiese eienskappe geteiken tot sekere groepe plante (slegs enkele dekgewas spesies).
Nie alle spesies is smaaklik vir weiding nie, en kan glad nie op staatgemaak word vir 'n weidingsvoordeel nie. Kan selektief aangeplant word en het uitstekende weidingsvoordele met geen bemestingsbenodigdhede nie.
Geen chemie benodig tydens groei. Geen chemie tydens groei benodig.
Baie goeie aanduiding van grond toestand en oormatige elemente of tekorte. Elke tipe onkruid wat dominant groei vertel 'n waardevolle storie van die grond waarin dit groei. Ons plant selektief sekere spesies en die aanduidingseffek is baie minder effektief en opletbaar. Daar is egter steeds 'n faktor van aanduiding deur dominante spesies.

Wanneer ons kyk na die verskillende eienskappe wat vergelyk word met mekaar tussen onkruid en dekgewasse kan ons self 'n afleiding maak oor hoe vuil, vuilgoed dan nou eintlik is. Die enigste verskil is dat ons nie selektief kan wees oor wat hulle verskyning op die veld maak jaarliks nie.

Image of a healthy cover crop

Dieselfde lesse en voorwaardes vir dekgewasse sal natuurlik geld in die geval waar onkruid gebruik word vir die doel van n dekgewas. Goeie oordeel ten opsigte van vog, tyd van terminasie, metode van terminasie, doel, kompetisie faktor, opvolg gewasse en die effek van die dekonkruid, ens.

Wees ook dan dus ingelig oor die spesefieke rolle wat onkruid spesies speel op verskyning om sodoende bemestings aanbevelings te herbevestig of te bevraagteken. Asook om oordeelkundige besluite te neem oor die suksessie van die volgende beplande kontant gewas. Boeke wat gelees kan word om breer kennis te kry oor die doel van onkruide sluit in, "When weeds talk"- J.L McCaman, "Weeds an what they tell us"- Ehrenfried Pheiffer, "Weeds, control without poisons"- Charles Walters

Kontak gerus n Orizon Agronoom, om nog interesante idees te deel of op te teken vir ons koolstof program.

Return to blogs