Orizon home

Vuur en regeneratiewe landbou?

28 September 2023

Opinion

Regenerative

Image of crops growing through a previously burned field

Vuur is n merkwaardige verskynsel en is 'n groot deel van die mensdom se geskiedenis, hetsy om oorlog te voer, vleis te braai, 'n skoulspelagtige vertoning teweeg te bring , of om vinnig ontslae te raak van gemors, onnet gras polle of reste. Maar waar pas vuur nou eintlik in die hele regeneratiewe proses in, en het dit 'n plek?

Vuur in landbou het baie huidige gebruike wat al jare ingestel word om menigde kortermyn probleme op te los, soos bosverdigting, oormatige oesreste te verwyder, brand bestryding en voorkoming toe te pas en vele meer. In 'n wereld waar ons grond as 'n chemiese groeimedium sien sal brande in baie selde gevalle as 'n risiko vir grond gesien word, maar meer as 'n gevaar vir dit bo-op die grond. Nou dat ons na grond kyk as 'n lewende organisme kan dit dieselfde of selfs erger risikos inhou vir ons boerdery onder die grond as bo die grond. Sovêr ons kennis strek kan vure teen hoë temprature brand van tussen 100 en 1500 grade celsius, afhangende van verskeie eksterne faktore soos wind, brandstof, teenwoordigheid van vog ens. Met die aangehegde skaal kan daar baie vinnig verwys word na die effek van temprature gedurende 'n brand op verskeie grond faktore.

Graphic showing the effects fires have on the nutrients in soils

Die effek van temperature gedurende mensgemaakte brande op biologiese, chemiese en fisiese eienskappe van grond, naby aan die oppervlak. Skakel tot diagram

Teenargumente sal gewoomlik insluit dat grond 'n baie goeie isolator is en dit 'n lae indringins effek tot gevolg het, dus sal ons na die verskillende strata van grond kyk om die efek daarvan te assesseer. Ons los die oordeel aan julle ons lesers.

Different layers affected by temperatures
  1. Bogrond: In ons eerste horison kyk ons na die bogrond waar lewende en nie lewende onverteerde plantmateriaal voorkom. Hierdie word gewoonlik gesien as die "brandstof" wat die vuur dryf, hetsy droë gras, oesreste, takke en blare van bome, ens. afhangende van die bioom. Die vars droëmateriaal sal vinnig verbrand, wat 'n bepaalde hitte teweeg bring en 'n baie vinnige vrystelling van nutriente (N:P:K, Ca ens.) tot gevolg sal hê. Stikstof sal ongelukkig verlore raak deur vergassing. Met die afwesigheid van enige bogrondse materiaal sal water en wind erosie 'n verwoestende gevolg wees om meë te reken. Die afwesigheid van bogrondse materiaal sal ook beteken dat daar geen kos vir mikro-organismes is nie wat waarop 'n mikrobies-dooie tydperk sal volg.
  2. O-Horison: Die O-horison bestaan uit n saad bank en verskeie progresiewe lae verteerde plantmateriaal. Hierdie lae wat verryk is met makro- en mikro-ontbinders dryf die natuurlike vrystelling van nutriente in plantopneembare vorme. In die geval van graslande of weidings sal hierdie strat gevul wees met 'n magdom haarwortels wat in kontak is met die A-horison, wat reeds uitruiling van nutriente, gasse en water vir die lewende plante te weeg bring. Dit reageer ook as baie effektiewe katioon-uitruilingsreservoir vir belangrike molekules soos kalsium, magnesium, kalium. Waar vuur in hierdie strata voorkom bestaan die risiko dat die hele strata vernietig word en dieselfde effek as op die bogrond teweeg bring, met die gevolg dat alle lewende organismes vernietig word. Hierdie strat is gewoonlik afwesig waar oorbeweiding en hoë frekwensie grondbewerking plaasvind, weens die feit dat die ontstaan van 'n O-horison 'n tydsame proses is wat in die afwesigheid van diep grond versteuring plaasvind.
  3. A-horison: In die A-horison van gesonde grond weet ons natuurlik dat die aanwesigheid van baie mikrobiese lewe soos bakterie, fungi, aalwurms en erdwurms voorkom Dit is ook hier waar die proses van uitruling tussen plant en organismes nou saamwerk, om struktuur vorming, water infiltrasie, simbiotiese uitruiling en komunikasie tussen biologie te laat plaasvind. Die hoë hitte van vure kan tussen 2.5 en 8cm diep penetreer en is gewoonlik van so 'n mate dat dit alle grondbiologie sal vernietig asook moontlike chemiese veranderings sal laat plaasvind. Die oksidasie van koolstof en yster molekules is van die chemiese verandering wat kan plaasvind. Dit kan ook lei tot strukturele gevolge soos verdigting en verharding van die bogrond, wat sal bydra tot verhogings in grond erosie.

'n Gevolgtrekking van brande op bogrond

  • Vernietiging van 'n saadbank.
  • Steriele bogrond.
  • Verlaging in stikstof- en koolstofvlakke.
  • Vermindering van grondvog.
  • Spoedige omskakeling van P en K komponente.
  • Vermindering van bogrondse bedekking.
  • Hoë ersosie risiko.
  • Verswakte grondstruktuur.
  • Vernietiging van mikrobes en ontbinders.

Ons weet dat vuur sy plek het, veral om ons mooie fynbos te laat ontkiem en blom, maar voor ons 'n vuurhoutjie trek om van die moontlikke uitdagings op ons landerye op te los, moet ons onself die volgende vrae vra:

  1. Is dit 'n tydelike of 'n langtermyn oplossing?
  2. Wat is die voor-en nadele vir my boerderystelsel en die ekosisteem?
  3. Wat is die langtermyn gevolge op my boerdery en die ekosisteem?
  4. Is daar n beter manier om my boerdery en ekosisteem te bestuur as om te brand?
  5. Is dit die moeite werd?

Herlewingsboere kan visueel en in opbrengs steeds die langtermyn gevolge van vure waarneem in hul kontantgewas landerye en in weidings, waar daar telke jare terug skade aangerig is. Logiese bewyse bestaan dat vure langtermyn effekte het op die biologise en fisiese werking van gronde waar goeie holistiese praktyke toegepas word. Ons kan dus tot die gevolgtrekking kom dat indien vuur nie nodig is om spesefieke natuurlike prosesse te bevorder nie, dit nie nodig is om te gebruik nie. 'n Gewilde argument vir die gebruik van vuur is 'n oormaat biomassa. In die geval van kontantgewas lande is daar sekerlik beter maniere om ontslae te raak van oortollige biomassa aangesien die effek van vuur so drasties is op grondbiologie. In weidings kan 'n oormaat biomassa en spesie diversiteit die hoof argumente wees vir die gebruik van vuur. Waar goeie beweidingssisteme toegapas word sol die gebruik van vuur nie nodig wees nie en bonop slegs die bioraktors in die grond vernietig of vertraag.

Innoverende maniere om brande te voorkom, te vertraag of te beheer, en jou biologie lewend te hou.

  • Immergroen bestuiwingsbane
  • Groen dekgewasse in die brandseisoen indien vog dit toelaat.
  • Ontbossing en vervaardiging van biochar van uitheemse en verdigde bosse.
  • Vervaardiging van kompos met biomassa van uithemse en ongewensde bosse.
  • Vorm deel van 'n brandbestrydings groep in jou area.
  • Doen selfproewe op die effek van weidingsisteme en brand voorvalle om tot 'n praktiese gevolgtrekking te kom.
  • Kry effektiewe gewas-rotasies om n gesonde biologiese siteem te stimuleer.
Return to blogs